Dameskamp



04 Februarie 2022 @ 09:00 by Effata Ministries Limpopo

 

Dameskamp 4-6 Februarie 2022

Effata Ministries, Nylstroom, Limpopo

 

Kom ontdek weer die vrou in jou…

Ons nooi jou om ’n naweek in God se teenwoordigheid te kom spandeer, lekker saam kuier en weer te ontdek wie God jou gemaak het om te wees.

Word weer herinner aan jou roeping, jou identiteit en wie die vrou in jou werklik is.

 

Daar is verskeie verblyf opsies:

Kamers, tente, woonstelle en die “Pool House”.

 

Kostes beloop R850 p/persoon.

Betaling van deposito verseker jou bespreking.

Ongelukkig kan geen deposito’s terugbetaal word met kansellasie nie.

Daar is wel ’n afbetalings opsie ook.

 

Wat om saam te bring?

GEEN EETGEREI NIE…Ons gaan net aansit en eet, geen kosmaak vir jou nie

Slaapsak/Duvet & Kussing - daar is wel ’n paslaken op die beddens.

Handdoeke - bad en swem

Swemklere

Sonskerm

Gemaklike klere

Tekkies om te stap indien jy wil.

Muskietgoed

Daar is ’n snoepie.

Bybel

Skêr

Gom

3 Tydskrifte van jou keuse

 

BAIE BELANGRIK:

Bring ’n toegedraaide geskenkie ter waarde van R30 - dit mag nie eetgoed wees nie.

Daar gaan nie tyd wees om dit by die kamp toe te draai nie.

 

Ons is baie opgewonde om die naweek saam met jou te kuier!

 

Bespreek hier:

https://form.123formbuilder.com/6031164/

 

0

Navrae

Lewende Woord Centurion

012 654 3600

centurion@lewendewoord.co.za