Oujaarsdiens



31 Desember 2021 @ 18:00 by Lewende Woord Centurion

Oujaar val op ‘n Vrydagaand en ons gaan vanaf 6nm saam op die grasperk braai en kuier, en almal is hartlik welkom, met die verstaan dat ons nie alkohol op die terrein mag toelaat of gebruik nie. 

Bring maar die vonkel-water en kom kuier lekker saam – daar is nie ‘n mooier braaiplek in Centurion as onder ons bome nie! 

Om 10:30 stap ons oor ouditorium toe vir ons Oujaarsdiens,waar ons ook saam nagmaal gaan gebruik en betyds sal afsluit sodat almal voor die huidige middernag aandklokreël tuis kan wees.

Besprekings vir hierdie diens is nie nodig nie

Navrae

Lewende Woord Centurion

012 654 3600

centurion@lewendewoord.co.za