50 Plus Senior Bediening

50 Plus Senior Bediening

Persone van 50 jaar en ouer kry hier geleentheid om vriendskappe te bou, geestelik te groei en mekaar onderling te ondersteun met gereelde sosiale interaksie.

 

Ons vergader alternatiewe Donderdagaande, 19:00 in die Kapel en alternatiewe Donderdagoggende, 10:00-11:00 in die Boardroom. Ons hou 'n “Celebration” Sangdiens, in bekende 50-Plus-styl, met sang en musiek, woordbediening, genesingsdienste asook informele byeenkomste, d.w.s. ‘n regte “kuierkerk”!

KONTAK ALBERT DENYSCHEN / LUTHER BADENHORST VIR DATUM EN TYD BEVESTIGING.

 

Ander gereelde aktiwiteite : Uitreike na Ouetehuise en inrigtings, reis en toer, gesondheidsake, hospitaalbesoeke, gemeenskapsdiens en mentorskap.

 

Navorsing bewys dat mense wie deel is van ‘n sosiale netwerk van vriende en/of familie, langer leef as dié in isolasie. Sluit vandag aan by die LWC 50 Plus en maak seker jy leef so lank en gelukkig as moontlik!

 

Spreuke 17:22:  "‘n Vrolike hart bevorder die genesing maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog."

Wanneer?

Kontak ALBERT DENYSCHEN / LUTHER BADENHORST vir tye en datums

Hoe raak ek betrokke?

ALBERT DENYSCHEN / LUTHER BADENHORST

072 615 4026 / 082 575 0001

centurion@lewendewoord.co.za