Boodskap van Herderspaar

Wouter en Dorothy van der Merwe

Wouter en Dorothy van der Merwe

Wouter en Dot van der Merwe verwelkom u hartlik by Lewende Woord Centurion!

 

Die Woord van God is onomwonde die fondasie vanwaar ons ons Koninkrykswerk verrig. Ons droom van ‘n lokale kerk in elke dorp en stad van Suid-Afrika, wat ‘n daadwerklike Koninkryksverskil in hulle gemeenskap sal vestig.

 

Lewende Woord Centurion is ‘n proefplaas waar ons arbei om bedieningsbeginsels te identifiseer en te implementeer, ter getuienis vir ander bedieningsleiers. Ons fokus dus op Woordbediening, kursusse wat geestelik toerus en sterk interpersoonlike verhoudings, mentorskap en dissipelskap.

 

U is hartlik welkom om deel te word en aktief te kom bedien in die gawes en talente waarmee u geseën is.

Ons Visie

Die vestiging van 'n liefdevolle, woordgefundeerde koninkrykgemeenskap. Die visie van Lewende Woord definieer sy doel, en beskryf die doel en funksie wat God vir Lewende Woord binne die Liggaam van Christus sien.

Ons Missie

Om passievolle daders van die Woord te word. Jesus roep ons om in Sy voetspore te volg en maak ons vissers van mense. Visse moet gevang ('wen'), skoon gemaak ('vestig'), voorberei ('toerus') en aan mense as kos verskaf ('stuur') word.

Ons Leeraars

Wouter van der Merwe

Hoof Leeraar: Lewende Woord Centurion

Lucio Basson

Leeraar en Hoof van Plantasie

Jorrie Jonker

Leeraar en Hoof van kinderbediening

Ons Span

Dorothy van der Merwe

Operasionele Bestuurder

Renjia van der Westhiuzen

Administratief: Bediening

Hilda Ferreira

Web-, Inhoud- en Sosiale Media Administrateur

Johan du Preez

Terreinbestuurder

Zelda Korff

Funksie Koördineerder

Carmen Basson

Bemarking

Jaco van den Berg

Tegniese Hoof

Mary Combrinck

Ontvangs/Sekretaresse

Wilson Honwana

Koster

Terrein Personeel

Terrein Personeel