Beraders

Geestelike berading is gratis aan gemeentelede beskikbaar vir ondersteuning na trauma of emosionele skok, asook vir uitdagings in persoonlike verhoudings of geloofskwessies.
Ons het ‘n geseënde span vrywilligers met ‘n passie vir berading, wat graag ‘n pad met u sal stap.
 
Let asseblief dat berading nie sielkundige terapie of psigiatries van aard is nie, sodat u nie teleurgesteld in u verwagtinge is nie.  

Ons behou die reg voor om u vir professionele hulp te verwys, sou die berading nie die gewenste vrug lewer nie.
 
Skakel asseblief die kerkkantoor vir ‘n afspraak met een van ons span beraders.

Kontak Berader span via vorm