Wat ons glo.

Die Woord van God is onomwonde die fondasie vanwaar ons ons Koninkrykswerk verrig. Ons droom van ‘n lokale kerk in elke dorp en stad van Suid-Afrika, wat ‘n daadwerklike Koninkryksverskil in hulle gemeenskap sal vestig.
 
Lewende Woord Centurion is ‘n proefplaas waar ons arbei om bedieningsbeginsels te identifiseer en te implementeer, ter getuienis vir ander bedieningsleiers. Ons fokus dus op Woordbediening, kursusse wat geestelik toerus en sterk interpersoonlike verhoudings, mentorskap en dissipelskap.
 
U is hartlik welkom om deel te word en aktief te kom bedien in die gawes en talente waarmee u geseën is.