Toewyding

Wil u graag u kind by ons toewy?

Om 'n kind aan die Here "voor te stel" of "toe te wy" is nie 'n Nuwe-Testamentiese bevel nie, maar 'n geloofsbelofte-beginsel. Op grond van hierdie beginsel maak ouers sekere beloftes aan die Here ten opsigte van hulle kinders.

Ouers het in gehoorsaamheid aan die wet van Moses, hulle kinders gebring om hulle aan die Here toe te wy.
 
Hierdie stap van gehoorsaamheid was om aan God die Vader te sê:
 
Hemelse Vader, ons bring hierdie kind wat U as 'n geskenk aan ons toevertrou het om hom/haar tot U beskikking te stel.
Here, gebruik hierdie kind tot eer van u Naam en tot uitbreiding van u Koningkryk.
Ons kom as die ouers van hierdie kind om plegtig 'n belofte voor u en al die getuies hier teenwoordig te maak.
 
One belowe die volgende:
 
Dat ons hierdie kind in U weë en volgens U insettings sal grootmaak
Dat ons deur ons optrede in woord en in daad 'n voorbeeld vir hierdie kind sal wees.
Dat ons hierdie kind sal help om sy gawes, talente en onbeperkte potensiaal in U te  ontdek en dat ons hierdie kind dan daarvolgens sal grootmaak.
VOLTOOI ONS AANLYK AANSOEKVORM DEUR HIEDIE SKAKEL TE VOLG:

2024 Toewydings Datems

Toewydings vind plaas tydens die 09:00 oggenddiens elke laaste Sondag van die maand.

28 Jan

25 Feb

31 Mar

28 Apr

26 Mei

30 Jun

28 Jul

25 Aug

29 Sep

27 Oct

24 Nov

Kontak Ons

Indien jy vra het rakende die toewyding van kinders kontak ons gerus.