Kom kyk wat gebeur by LWC. Om al ons aktiwiteite te sien, gaan na die aktiwiteite bladsy.
Volgende Kerk Aanlyn byeenkoms is op Woensdag 22 Maart 2023 om 19:00
"Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. (2 Korintiërs 9:7).
Om te kan gee, is ‘n getuienis van God se goedheid. Wat ons het, is van die Here af. Ons verbly ons vir die gawes en talente waarmee ons ‘n inkomste kan genereer en uit dank vir God se goedheid en voorsiening, saai ons graag in die Koninkryk.
Ons glo ook dat ons profeties betrokke raak by 'n bediening deur ons finansies. Wanneer ons dus saai in 'n gemeente, is dit 'n profetiese aksie om insette in die gemeente te hê.
Soms is daar tye wanneer die lewe oorweldigend is, tye wanneer daar meer vrae as antwoorde is. In daardie oomblikke kan hoop baie vêr voel.
Die wonderlike ding van gebed is dat dit die fokus sit op die Een wat altyd regstaan om te luister.
Maak nie saak waarteen jou stryd is nie, ons sal graag saam met jou wil bid!