Kruis-Kidz Kinderbediening

Die Kinderbediening van Lewende Woord Centurion, Kruis-Kidz, bedien kinders vanaf voorskoolse ouderdom tot aan die einde van hulle Graad 7 jaar.
 
Kinders kan waarhede van die Woord in 'n veilige omgewing ontdek terwyl hulle Jesus in 'n prettige omgewing kan loof en prys.
 
Ons bediening is verhoudingsgerig en ons passie is om elke kind te begelei om lief te wees vir die Woord en so te groei in hul liefde vir die Here.
 
Bybelverhale word op ‘n ouderdomsgepaste wyse aangebied vir maats in die voorskoolse ouderdom tot en met Gr R; dan maats van Gr. 1 tot Gr. 3, asook maats in die ouderdomsgroep van Gr. 4 tot Gr. 6.
 
Graad 7 leerders woon 'n spesiale kursus by wat op hulle skool-verskuiwing fokus en hulle bemagtig vir die besondere uitdagings wat hulle ouderdomsgroep spesifiek uitdaag.
 
Wanneer?
Sondae 09:00 tydens die oggenddiens

Kontak Kruis-Kidz via vorm