Huwelikshande Mentorskap

Hierdie kursus word nie hierdie kwartaal aangebied nie.

Paulus reken die getroude lewe is ‘n uitdaging.  Dit is.  Maar ‘n gelukkige huwelik kan vir elke paartjie ‘n realiteit wees.  LWC het paartjies wat al deur “die meule” is, wat saam met jou en jou lewensmaat ‘n pad wil stap om julle te lei na ‘n lekker diep vriendskap met intimiteit en emmers vreugde.
Die mentorskapprogram is vir getroudes (al is julle gelukkig, is die program verrykend), sowel as verloofdes.  Dis ‘n heerlike reis!
 
Onderwerpe wat bespreek word sluit in:
BEKENDSTELLING & BEHOEFTES
TEMPERAMENTE
LIEFDE
KOMMUNIKASIE
LIEFDESTALE
ROLLE EN SPANWERK
FINANSIES EN VRAE

Kostes vir die kursus sal bevestig word volgens paartjie se behoeftes en voorgeskrewe kursusroete.

Navrae
Wynand & Nina Scheepers
0828531775
debtfree.ns@gmail.com