Intersessors

Geestelike oorlogvoering vir LWC begin by vas en bid.  Ons wil eers by die Here hoor voor ons tot aksie oorgaan.  Ons gebedsbediening is dus fundamenteel tot die impak wat LWC tot die Koningkryk en in die gemeenskap het.
 
Jesus sê Hy doen net wat Hy die Vader sien doen.  Uit Jesus se voorbeeld benader ons elke saak in gebed, elke situasie in eie meriete.  Ons soek deurgaans nuwe wyn wat net so vars is soos die laaste keer wat ons by God gaan voeding soek het.  Die gebedsbediening versamel lewensnood-saaklike voeding vir die gemeente.
Wanneer?
Sondae voor eredienste / Donderdae 19:00

Kontak Intersessor Span via vorm