Sending

LWC Sending is 'n ondersteuningsgroep vir lidmate wat die blye boodskap gaan verkondig buite die grense van ons eie gemeente.
 
Jesus stuur ons as dissipels uit om vissers van mense te wees (Mat. 4:19; Mark 1:17).
In Handelinge 1:8 staan "...Wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel - in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde."
Ons stap ‘n nou pad met ons medewerkers in die veld en is betrokke by verskeie fasette van hul bedieninge. Ons verwys baie pertinent na ons “sendelinge” as medewerkers.
Ons as gemeente en elke persoon wat finansieel bydra, word deel van die span wat God gebruik om sy werk te verrig.

Wanneer?
Deurlopend

Kontak Sending via vorm