Tehillah Dansers

Tehillah dansers is 'n bediening vir vroue waar ons die Here aanbid deur middel van die kreatiewe, beweeglike vorm van dans.
Deur te dans, demonstreer ons wat ons in ons siel voel.
Ons gee uiting aan die betekenis van woorde deur dit met bewegings uit te beeld. Al ons sintuie getuig nou saam.
Ons gee liggaamlik uiting aan die skriftuurlike openbarings uit die Woord.
Ons wil soos Dawid voor ons Here dans en Hom met alles wat ons is verheerlik.