Finansiële Werkswinkel

Hierdie kursus word nie hierdie kwartaal aangebied nie.
Ervaar vryheid!
Hierdie finansiële werkswinkel is 'n selfgeleide werkswinkel waar ons jou help en jou finansiële drome laat bereik.
Ons glo finansiële beplanning moet 'n langtermyn- en samewerkende verhouding wees.
Skryf in om beheer oor jou finansies en lewe te verkry deur Goddelike rentmeesterskap.
 
Handelinge 20:35: Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Dikwels ontdek ons dat ‘n finansiële penarie ons lewens oorheers, in plaas daarvan dat ons oor ons finansies heers.
 
Spreuke 11:14: As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
 
Die Here leer ons dat, indien ons nie bereid is om by die wyses te gaan leer oor die dinge waarmee ons sukkel nie, val ’n volk, maar wie vra ‘’n mens?
Die Finansiële Mentorskap is ’n praktiese proses waar jy gelei sal word om die balans in jou finansiële lewe en die impak daarvan in die res van jou lewe, te herstel.

Koste beloop R300,00

Navrae
Lewende Woord Centurion
012 654 3600
centurion@lewendewoord.co.za