In Die Begin

Hierdie kursus word nie hierdie kwartaal aangebied nie.

Ons word van jongs af gebombardeer deur wat die sekulêre wêreld sê oor die skepping.
Ons leer in die skole van evolusie en dat die aarde biljoene jare oud is, ons leer dat dinosourusse voor mense geleef het en miljoene jare gelede uit gesterf het.
 
Hierdie kursus werk deur Genesis en bestudeer wat die Bybel sê oor al die onderwerpe.
 
Die realiteit is dikwels drasties verskillend.
 
Onderwerpe soos;
skepping teologie,
die ouderdom van die aarde,
die tuin van Eden, die vloed,
evolusie en
dinosourusse
word deeglik bespreek volgens God se Woord.

Koste beloop R300,00

Navrae
Lewende Woord Centurion
012 654 3600
centurion@lewendewoord.co.za