24 November 2024

Lukas 22:1-13

Met die naderkom van die heel laaste Pasga (Jesus was op pad om dit  te vervul) het 3 van Sy dissipels ter voorbereiding van die aand voor Sy kruisiging, gereed gemaak.

Judas Iskariot het eerste 'n prys onderhandel met die Fariseërs om Jesus uit te lewer (nogal 'n prys wat 'n slaaf gekos het).

Petrus en Johannes moes die ete regkry in die bokamer (moontlik dieselfde bokamer waar die Heilige Gees later uit gestort sou word).

Of jy vir Jesus is of teen Hom: wees voorbereid!
Dit het die 3 manne se toekoms beïnvloed!

Judas het selfmoord gepleeg terwyl die ander Twee vir die res van hulle lewens mense voorberei het vir Jesus se wederkoms!

Here mag ons ook voorberei om saam met U tyd te spandeer!
U is die Lewe!

Archive