6 Februarie 2025

Genesis 9:1-17

Die Here sluit 'n verbond met Noag en gee die reënboog as teken dat Hy nie weer die aarde sal verdelg met 'n vloed nie.
Hy verander ook die dieet van mense en laat hulle toe om nou vleis ook te eet.
Verder stel die Here die doodstraf in vir moord.
'n Mens of 'n dier wat 'n mens doodmaak moet sterf.
Die doodstraf is dus 'n beginsel wat lank voor die wet al ingestel is.  Later verfyn Moses die wet in die Levietiese wette. (6de gebod)

Here dankie dat U vir ons die reënboog gegee het as verbondsteken dat U genadig sal wees teenoor die skepping!
U is ons Verbonds-God

Archive