20 Februarie 2025

Psalm 122

Die Tempel het in Jerusalem gestaan en daarom was daar onder die hele Israel 'n besonderse liefde vir die stad!
Dit bly 'n stad deur die Here uitgesonder!
Ten spyte van die Tempel was Jesus ook daar gekruisig, het Hy daar opgestaan uit die dood en daar vanaf die Olyfberg, opgevaar na die hemel.
Dit is ook daar waar Jesus gaan terugkeer met Sy wederkoms!

Maar vir die ou testamentiese gelowiges was dit die Dawid stad waarheen hulle 3 keer 'n jaar moes pelgrim om die Here te dien en daarom was hulle lief vir die stad en het hulle vir Jerusalem gebid:

“Bid vir die vrede van Jerusalem: “Mag dié wat jou liefhet, rustig leef;”
‭‭Psalms‬ ‭122‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Here ons bid vir hierdie besonderse stad mag U weer terugkom na die stad van vrede!
U is die Vredevors!

Archive