7 Februarie 2025

1 Korintiërs 6:1-11

Gelowiges behoort mekaar nie in 'n regsgeding aan te vat nie.
Paulus verduidelik aan die Korintiërs dat hulle nie hulle regsake deur wêreldse regters kan laat beslis nie, nee die outoriteit wat ons in die kerk het is so groot dat ons oor engele gaan beslis.
Daarom moedig Paulus ons aan om eerder skade te ly as om mekaar hof toe te vat.
Die ideale vir Christene is om hul dispuut met mekaar uit te praat en as dit nie werk nie moet dit deur iemand in die kerk aangehoor en opgelos word.
Ons is immers "gewas" en vrygespreek!

Her dankie vir U vryspraak wat ons outoriteit gee!
U is ons Regter!

Archive