19 Februarie 2025

1 Korintiërs 7:25-40

Paulus wat ongetroud was, moedig mense aan om ongetroud te bly en so toegewyd aan God te leef.  
Hy bely ook egter dat dit nie sonde is om te trou nie en moedig die wat wil trou om dan in die huwelik te tree.
Ook die wat reeds getroud is moet getroud bly en hulle huwelik tot die Here se eer laat geld.

Paulus is van mening dat ongetroudes meer gefokus die Here kan dien.
Van 'n getroude se oogpunt sou ek vir Paulus wou sê dat daar ander voordele in die huwelik is wat ons nog meer laat fokus op die Here.
Weduwees en wewenaars mag ook weer trou tot die Here se eer.

Here dankie vir enkel mense maar dankie ook vir die huwelik! Deur albei leefstyle leer ons U karakter.
U is ons Vriend!

Archive