17 Februarie 2025

Psalm 121

Hierdie Pelgrims lied het die Israeliete gesing as hulle 3 keer 'n jaar opgetrek het na Jerusalem om die feeste te onderhou.
Met paas, pinkster en loof huttefees moes alle mans na die Tempel kom.
Oppad na die berg stad Jerusalem het hulle opgekyk na die tempel wat 'n 60m Hoë gebou op 'n berg was.
As hulle dus die Tempel gesien het was dit vir hulle 'n teken van die Here waarna hulle op trek en wat hulle dag en nag beskerm!
Die Psalm beklemtoon ook beskerming wat die Here beloof het vir die huis en besittings van die Pelgrims!

Here ons besef soos die pelgrimsgangers dat ons hulp van U af kom!
U is die Beskermer van Israel wat nie sluimer of slaap nie!

Archive