27 November 2024

1 Johannes 1:1-10

God is Lig!
Daar is niks donker aan Hom nie!!

Daarom glo ons die Woord dit is Jesus en leef ons in daardie Lig!

Ons besef en bely ons sonde en duisternis!
Daarom vergewe Hy ons!
“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.”
‭‭1 Johannes‬ ‭1‬:‭9‬ ‭AFR20‬‬

Noudat ons vergewe en skoon staan voor die Lig moet ons nie meer sondig nie!
Dit voel dalk onmoontlik maar die Here spreek ons potensiaal aan sodat ek en jy moet weet ons het 'n stryd teen sonde wat met belydenis gewen word!!
Ons moet bly streef om heilig te leef en besef ons wandel moet by ons stand (regverdig) pas!

Here dankie dat U die Woord in ons leef en ons deur U Waarheid kan bly leef!
U is Lig!!

Archive