28 November 2024

Lukas 22:14-23

Jesus stel die nagmaal in!
Hy eet die Paasete saam met Sy dissipels en kom dan om die vryheidsete wat Moses ingestel het toe die volk Egipte verlaat het, te vervul deur die nagmaal: wat 'n vryheidsviering word van sonde se gevangeneskap oor ons almal!
Die wyn word simbolies van Jesus se bloed en die brood 'n teken van Sy liggaam wat die volgende dag gekruisig sou word.

Jesus kondig ook aan dat Hy verraai sou word.

Here dankie dat U ons Offer geword het vir ons sondes sodat ons kon vrykom!
U is die Brood van lewe en die Wyn van oorwinning!

Archive