04 Desember 2024

Lukas 22:31-46

 Petrus belowe hy sal saam met Jesus deur gevangenisskap gaan, maar die Here weet dat oor 'n paar uur van daar af hierdie jong dissipel Hom sou verloën.
Jesus bid egter vir Petrus sodat hy die geloof sou behou deur die krisis!

Jesus bid daarna in Gethsemane die plek van die olyfpers. Netsoos die olywe daar onder druk hulle olie gee, so beleef die Seun van God die druk van die volgende dag se kruisiging (onthou Hy is alwetend en weet dus watter pyn en lyding wag vir Hom) en die grootste "Olie" of salwing sou vloei uit daardie Gethsemane gebed.

Here mag ons wakker bly en saam met U bid. Ek kan nooit anders as om te dink ek sou saam met die dissipels aan die slaap geraak het.
U is ons Voorbidder!

Archive