05 Desember 2024

Psalm 111

'n  Lof offer aan die Here.
Aanbidding en lof vir die Here kom net wanneer ons Hom met ons hele hart aanbid. Ons harte moet onverdeeld op Hom gerig wees.

Aan die einde van hierdie jaar 2024 besing ons saam met Psalm-digter die indrukwekkende werke van die Here in ons eie lewens.

...sy geregtigheid hou stand vir altyd.  
...Genadig en barmhartig is die Here.  
... Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.  
... Die werk van Sy hande is betroubaar en reg.  
...Betroubaar is al sy opdragte,

Hoe Groot is U Here!
 Hoe ewig U redding en beloftes aan U kinders.
Heilig, Heilig, Heilig is U Naam!
U het ons deurgedra in 2024,
Dankie vir wysheid vir 2025.
Wysheid kom wanneer ons ontsag vir U het Here!

...Heilig en ontsagwekkend is U Naam!

Archive