06 Desember 2024

1 Johannes 2:18-28

Johannes waarsku die gelowiges teen die Antichris, maar ook teen mense wat hulle rug op Christus gedraai het en gelowiges probeer mislei.

1 Johannes 2:23 Elkeen wat die Seun ontken, het nie die Vader nie; wie die Seun bely, het ook die Vader.

Hy herinner ons daaraan dat in hierdie tye is dit noodsaaklik om IN Christus te bly soos Jesus ons ook vermaan het in Johannes 15.

Vader, dankie dat ons in Jesus kan bly. Hy is die Wynstok en ons die lote. Dankie dat ons vanuit hierdie eenheid met Hom die antichris sal herken, maar ook kan groei en veelvuldige vrug dra in U Koninkryk tewyl ons U weg volg.

U is die Weg, die Waarheid en die Lewe!

Archive