08 Desember 2024

Psalm 112

Daar is soveel seën opgesluit vir die wie in geregtigheid wandel... die persoon wat sy karakter bou op die riglyne in die Woord van die Here.

Hy is so geseënd dat hy oorvloei in goedheid in ander se lewens in.

Dit is waarvoor die Here ons roep: ons word geseën om ń seën vir ander en ander nasies te word.

Here, ons vind ons vreugde in U Woord. Ons ontvang met dankbaarheid die seën wat vir ons opgesluit is daarin sodat ons U goedheid kan laat oorspoel in ander se lewens.

U goedheid is nimmereindigend!
U is Ewig

Archive