14 Desember 2024

Psalm 114

Die Psalmdigter neem die Wonderwerke wat in die natuur gebeur het en beskryf dit as die skepping wat vir die Skepper ontsag het en bewe!
Daarom moet mense die natuur se voorbeeld volg en ook met ontsag bewe voor die Almagtige God!

Die Rooisee wat oopmaak word beskryf as "op die vlug slaan voor die Here" en die Jordaan "draai terug", die berge bewe en rotse gee water as die Here verskyn!

Here U is 'n Ontsagwekkende God wat vir U kinders sorg!
U is die Skepper!

Archive