18 Desember 2024

1 Johannes 4:9-18

God is liefde en as ons wil hê mense moet Sy liefde beleef moet ons in ons optrede Sy liefde aan ander mense wys.
Ons is dus agente van Sy liefde hier op aarde.
As ons Hom regtig lief het sal ons so leef.
Daarom leef ons ook nie met vrees nie:
Ons is nie bang vir mense nie, en ons is ook nie bang vir die Here nie!
Ons wys met vrymoedigheid Sy liefde aan almal om ons.

Here help ons, wys ons hoe om U liefde uit te leef aan almal!?
U is Ontsagwekkend!

Archive