26 Desember 2024

Lukas 23:36-43

Jesus weier die suur wyn wat die pyn sou verdoof want Hy beleef die pyn en smaad vir jou en my.
Die twee misdadigers weerskante van Hom se gesprek lei een om toe die Here te vra om genade!
Hierdie krimineel se wedergeboorte gebed is: "dink aan my".
Die Here sê vir hom jy sal vandag nog saam met my in die Paradys wees.

Die Here was nie na Sy dood hemel toe nie maar eers Paradys toe, dit is die plek waar die ou testamentiese gelowiges gewag het vir die Messias se koms!
Die Paradys was die goeie deel van Sheoel of die doderyk : die slegte deel bestaan nog steeds en word die hel genoem.

Here dankie dat U tot op die einde nog gered het! U red ook vir ons!
U is die Oorwinnaar en Verlosser!

Archive