29 Desember 2024

Lukas 23:44-49

Jesus blaas Sy laaste asem uit aan die kruis in stik donker.
Dit is asof die hele skepping rou!
Met hierdie sonsverduistering en die aardbewing wat die Voorhangsel in twee laat skeur, sê die Romeinse  Centurion by die kruis: "Hierdie man was waarlik waar regverdig!"
(Dalk weet Lukas dit omdat die Centurion later deel van die Jerusalem kerk geword het.)

Almal, die mense en spotters, rou ook en loop maar die vroue en 'n paar vriende bly by Sy kruis.

Here wat gelyk het soos die grootste tragedie was die grootste oorwinning!!
U is die Lewe!

Archive