01 Januarie 2025

Lukas 23:50-56

Voorspoedige 2025!

Stel jou voor Jesus was in 'n gebruikte graf begrawe soos meeste ander mense gedoen het in daardie tyd, met Sy opstanding sou daar 'n dispuut kon wees oor wie van die vorige lyke dit was wat opgestaan het?

Maar deur die unieke situasie dat Jesus, soos 'n rykman, in 'n nuwe graf begrawe is maak dit die opstanding en alles van die grafsteen wegrol tot die engel en selfs die verdwaasde Romeinse soldate, so 'n groot wonderwerk!

Josef van Arimitea bly een van my helde!
Hy tree op na gelang van sy oortuiging van sy hart al sou dit dalk sy lewe kon kos!

Here mag ons soos hierdie Josef: opstaan vir U en nie skroom om sy reputasie en lewe vir U op die spel te sit nie!

U is die Opstanding en die Lewe!

Archive