15 Januarie 2024

Deut. 8

As dit met jou baie goed gaan en jy baie ryk word, moet jy nie van die Here vergeet nie!
Dit is Hy wat jou seën daarom moet jy Hom bly aanbid!

Om te dink jy het dit self gedoen is eintlik afgodery: jy aanbid jou eie krag instede van Sy mag!

Hier waarsku Moses dan ook die volk, dat as hulle in hul rykdom in die Beloofde land afgode aanhang in plaas van die Here aanbid vir wat hulle gaan kry, gaan met hulle gebeur wat met die 7 Kanaänitiese volke gebeur het!

Dit was ook so.
Nadat Israel (die Noordelike 10 stamme ) onder koning Jerobeam afgodsbulle gemaak en aanbid het, het dit ongeveer 400 jaar se genade tyd gevat voordat hulle ook verower en weggevoer is.
Dieselfde genade tydperk wat die Kanaäniete gekry het toe Israel in Egipte was en hulle hulself moes bekeer.

Here, dankie dat daar genade tyd vir inkeer is!
Help ons om U te soek en te erken ons sukse is net U!!
U is die God van genade!

Archive

 2024