1 Februarie 2025

1 Korintiërs 4:1-21

Paulus adresseer die minag waarmee party van die Korinte gemeente hom mee bejeën.
Hy probeer nie sy saak van prestasies en aansien verdedig nie, inteendeel erken hy dat hy swak, sonder 'n huis en nie indrukwekkende is nie, maar hy is wel een ding: 'n geestelike pa
“Want selfs al het julle 'n menigte opvoeders in •Christus, het julle nie baie vaders nie. Deur die evangelie het ek in Christus Jesus julle vader geword.”
‭‭1 Korinthiërs‬ ‭4‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U ons nie net baie leraars stuur nie, maar wel ook geestelike pa's.
U is ons Vader.

Archive