31 Maart 2025

Psalm 135:1-21

Die Psalm-digter roep almal op om die Here te prys; om Sy Naam groot te maak... van die dienaars wat in die tempel diens doen tot by elke ander Godvresende persoon moet Hom prys.
Hy moet geprys word vir die Here se goedheid, Sy wonderdade, Sy grootheid en elke deurbraak wat Hy bewerkstellig het.

Waarvoor prys jy die Here vandag?

Here, U is goed en ons kan elke dag U Naam verheerlik en prys vir menigte oorwinnings en deurbrake wat U in ons lewens doen. Die grootste daarvan is dat U ons so lief het dat U Jesus gestuur het om ons verhouding met U weer te herstel. Dankie, Vader!

U is Die Naam bo alle name!
U is JESUS!

Archive

 2025