25 Maart 2025

Psalm 133:1-3

Eensgesindheid gaan hand aan hand met die seën van die Here.

Daar is seën vanuit geestelike outoriteit (Aaron die hoëpriester) wat 'n effek het op almal daar onder!

Hoe goed is dit as broers in eenheid saam wandel... 'want daar gebied die Here die seën, die lewe tot in ewigheid!'
Psalm 133:3 Afr53

Here, ek kies vandag om in nederigheid in eenheid saam met medegelowiges te wandel. Mag die wêreld sien dat U seën rus op eensgesindheid in U. Ons kies om in Jesus se Naam eenheid te behou in ons verhoudings.
Dankie dat U seën uit beveel waar daar eenheid is.

U is die God wat eenheid seën.
U is ons Drie-Enige-God!

Archive

 2025