6 April 2025

Psalm 137:1-9

Vermoedelik is hierdie Psalm deur Jeremia geskryf. In ballingskap het die Israeliete gehuil wanneer hulle langs die riviere van Babelon gesit het. Hulle het getreur oor Jerusalem.

Wanneer die Babiloniërs vra dat hulle ń lied sing oor Jerusalem, vra hulle: Hoe kan ons ń lied van die Here sing in ń vreemde land?

Here, ons is slegs pelgrims hier op aarde. Ons ewige tuiste is in die Hemel. Mag ons vandag huil waaroor U huil, Here... die harte van verlorenes.

U is ons Loflied!
U is ons Vreugde

Archive