29 Januarie 2025

1 Korintiërs 3:10-23

As iemand van Jesus praat en ander leer, bou hy aan die "kerk" (die persoon) se lewe op die fondament wat Christus is.

Daar is verskillende kwaliteit toevoegings tot mense se insig oor Jesus.
Sommige is goud werd en ander lering is minder waardevols, dis onsinnig soos strooi.
Hierdie prediker se "bou materiaal", hulle lering aan die kerk gaan getoets word.
Dus ALMAL gaan met wat hulle geleer is voor die oordeel troon van Jesus staan.
As iemand verkeerd geleer is sal hy gered word maar...
“As iemand se bouwerk behoue bly, sal hy sy loon ontvang. As iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly – hoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.”
‭‭1 Korinthiërs‬ ‭3‬:‭14‬-‭15‬ ‭

Here help ons om waardevol in mense se lewens in te bou!
U is die Meester Bouer!

Archive