29 Maart 2025

Genesis 21:22-34

Wanneer die Here tevrede is met jou lewe en die guns van die Here op jou lewe rus sal selfs jou vyande vrede met jou maak. (Spreuke 16:7)

Abraham en Abimeleg sluit ń verdrag oor ń put wat aan Abraham behoort en Abraham kies om vir ń lang tyd in hierdie deel te bly woon.

Here, mag ons U guns op ons lewens beleef omdat ons in geregtigheid wandel soos Abraham. Mag ons lewens wees soos die sigbare boom wat Abraham geplant het om U naam te verhoog as Die Here, Die Ewige God!

U is goed.
U is God!
U is El Olam: Ewigdurende Onveranderlike God.

Archive

 2025