24 Februarie 2025

Genesis 12:7-20

Abram begin die Here aanbid in Kanaän en met 'n groot hongersnood trek hy na Egipte.
Hy kom met Sarai sy vrou ooreen om te sê sy is sy suster, want sy was baie mooi en hy baie bang.
Farao probeer toe met haar trou.
Maar die Here stuur plae oor Farao se huis ten spyte van al die geskenke wat die koning van Egipte gegee het.
Farao stuur toe vir Abram met Sarai uit Egipte.
Een van Farao se geskenke was diensmeisie of slavinne: een van hulle was Hagar.

Here U is getrou om ons te beskerm! Soms teen onsself!
U is die God van Abram!

Archive