17 Januarie 2025

1 Korintiërs 1:10-17

Die probleem van verdeeldheid in die gemeente van Korinte het ontstaan omdat mense prediker aangahang het en hulle volgelinge geword het.
Nou verduidelik Paulus dat hulle eintlik Jesus Christus volg en nie mense nie.

Ons moet nie 'n pastoor of predikant op 'n plek sit in ons lewens wat Jesus alleen moet vervul nie.

Die een wat jou tot wedergeboorte help lei het, of jou gedoop het of jou gereeld leer is bloot net besig om jou na Jesus te wys!

As ons mense volg bo Jesus sal ons mense teen mekaar afspeel en dit bring verdeeldheid.

Here ons gesamentlike fokus is U!
Nie 'n mens of 'n kerk of 'n denominasie nie!
U is ons Here!

Archive