10 Maart 2025

Psalm 128: 1-6

ń Kosbare Pelgrimslied wat die seën van die Here besing wat rus op die gesin en veral die man in die huis wat ontsag vir die Here het en sy gesin lei in gehoorsaamheid teenoor die wil van die Here.

Psalms 128:4  'Kyk, so sal die man geseën word wat vir die Here ontsag het.'
In elke aspek van jou lewe sal jy die seën van die Here ervaar.

Ons besing U goedheid in ons lewens, Here. Ons sien U guns en seën op ons handewerk, ons huweliksmaats en ons kinders se lewens.

U is die God vir Wie ons ontsag het.
U is God Almagtig, Prysenswaardig!
U is Alles-omvattend groot en goed.

Archive