2 April 2025

1 Korintiërs 15:50-58

Paulus verduidelik in hierdie gedeelte dat die dood nie die einde is nie. Jesus het oorwinning behaal oor die ewige dood. Die hoop wat ons as gelowiges het is dat ons met Sy wederkoms in ń oogwink opgewek sal word. Die verganklike gaan met die onverganklike (ewige liggaam) beklee word!

Paulus moedig elke gelowige aan om heelhartig toegewyd te wees om goed te doen. Niks wat ons doen is tevergeefs nie.

Jesus , dankie dat U eens en vir altyd die angel van die dood (sonde) verwyder het aan die kruis.

U is ons Oorwinnaar oor die dood!
U is Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe!

Archive