5 Januarie 2024

Joshua 2

Joshua stuur net soos Moses spioene uit om die land te gaan verken, maar anders as toe Joshua self een was: gaan net 2 en niemand weet daarvan nie.
Hulle missie is amper op die rotse, as dit nie was vir Ragab die prostituut wat hulle wegsteek het nie!
Daarom beloof hulle aan Ragab redding saam met almal wat in haar huis is as hulle Jerigo binneval!
Die rooitou-huis, in hom is jy veilig en buite hom dood, laat my aan Jesus dink!!
Ragab sou later ook met een van die verspieders trou en hulle kind Boas sou die groot-Oupa van Dawid wees!!

Here, dankie dat redding nie altyd gebeur soos wat ons dink nie, hier was dit vir die 2 manne van God deur ñ prostituut en vir haar deur n rooi tou!!
Here, U is ons Rooi tou van redding!

Archive

 2024