12 Januarie 2024

Deut. 7

Vir die 400 jaar wat Israel in Egipte was (Josef tot Moses se tyd) het die Here vir die 7 volke in Kanaän kans gegee om reg te kom, maar hulle het al hoe meer boos geraak met hulle afgodery!

Daarom sê die Here moet hulle TOTAAL uitgewis word, ñ banvloek, want hulle bose kultuur gebruike moet nooit deel van Israel sn word nie.

Die Here kon hulle bonatuurlik uitdelg, maar dan sou die natuur te wild raak vir die Israeliete om te tem, daarom los die Here dit in die volk se hand om self die bose klomp te oorwin.

Die hartseer hiervan is dat Israel dit nie volkome gedoen het nie en dit tot vandag toe nog vir hulle ñ struikelblok is.

Here, help ons om U ten volle te kies en ons rug op sonde te draai!
U is n Heilige God!

Archive

 2024