1 April 2025

Genesis 22:1-24

Die Here toets Abraham se geloof deur hom te vra om sy beloofde seun te offer, selfs al was God se belofte dat ń nasie uit Isak gebore sou word. Abraham se geloof was so standvastig in die Here dat hy die 'vader van geloof' genoem word.

 Heb 11:17-19 sê dat hy oortuig was dat die Here Isak uit die dood sou opwek.

Abraham verklaar dat die Here die Voorsiener is en gebruik die voorsiende ram om ń offer aan die Here te bring in Isak se plek. Jesus is eeue later as offer vir ons sonde geslag.

Hemelse Vader, mag ons geloof in U so sterk groei dat ons U verbondsname sal koppel aan gebeurtenisse in ons lewens. Ons kies dat ons lewens lewende-offers sal wees uit dankbaarheid vir ons skuld wat deur Jesus betaal is.

U is die Offer-lam geslag vir ons.
U is Die God wat Voorsien!

Archive

 2025