8 Maart 2025

Genesis 15:1-21

Die Here sluit 'n bloed-verbond met Abram. In die verbond is ingesluit die belofte van 'n erfgenaam (Isak) en vanuit daardie erfgenaam sal Abram se nageslag ontelbaar wees.

Ons is vanuit ons wedergeboorte, in Christus, ook die nageslag van Abraham.  Jesus is die Offer Wie se bloed gevloei het sodat ons 'n ewige belofte van kindskap van ons Hemelse Vader kan hê.
'En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en, ooreenkomstig die belofte, erfgename. ' Galasiërs 3:29

Ons aanbid U en gaan binnekort hierdie Verbonds-Herdenking saam met U opstanding vier met Paasfees. Dankie vir U goedheid!

Jesus, U is Die Lam geslag vir ons.
U is ons Verlosser.

Archive