7 Maart 2025

Psalm 127:1-5

Ons kinders is ń seën en erfdeel van die Here. Ons as ouers en veral vaders in hulle lewe vervul ń primêre rol in hulle lewens deur hulle te bevestig in hulle identiteit, menswees en veral hulle roeping.

Hulle is soos pyle in jou hand wat geskiet word om ń spesifieke teiken te bereik sodat hulle daar die Koninkryk van die Here kan uitbrei en Sy Naam verheerlik deur hulle lewens.

Vader,
In Psalms 127:4 sê U: 'Soos pyle in die hand van 'n krygsheld, so is die seuns van jou jeug.' Lei ons om ons kinders op te rig om hulle lewens-teiken akkuraat te tref. Mag ons nooit skaam wees of terugdeins daarvan om hulle te bevestig in die roeping waartoe U hulle roep nie.

U is die Bannier oor ons lewe.
U is alles wat ons nodig het, El Shaddai.

Archive