4 Maart 2025

Psalm 126

Hierdie Pelgrimslied is geskryf nadat die Judeers terug gekom het uit ballingskap.

Nou sing hulle oor hoe die Here hulle vreugde weer herstel het.

Instede van arrogante en verwaande lag van trotses het Israel in nederige berou geween in daardie tyd.
Hulle trane was saad wat opgekom het as 'n oes van vreugde!

Here help ons om ook te huil saam met die wat swaarkry, maar ook te ween in berou oor ons sonde.
Help ons om nie tartend te lag in hoogmoedige verwaandheid nie.
U is ons Redder!

Archive

 2025