15 Maart 2025

1 Korintiërs 12:12-31

Paulus vergelyk die kerk met 'n liggaam!
Soos 'n liggaam verskillende ledemate het so het ons as kerk ook mense, individue, met verskillende funksies.
Party is meer sigbaar as ander soos daar in jou liggaam sigbare dele is en ander wat jy beklee.
Die hele liggaam versorg mekaar en so moet gelowiges ook met respek mekaar op pas.
Ons het almal ander funksies wat mekaar help en daarom hoef ons mekaar nie te beny nie maar eerder mekaar se talente en funksies geniet!

Here help ons om mekaar te bly bedien deur die krag van die Heilige Gees!
U is die Hoof!
Die Kop van die liggaam wat Kerk is.

Archive